)

Inge Willemse van Hoërskool Witteberg gee raad aan 2021 se graad 8’s

Liewe Graad 7 leerders

Hoërskool Witteberg, die een skool wat nie net nog ‘n gewone skool is nie…maar iets besonders!

Hier word elke leerder ‘n plekkie onder die son gegun. Hier maak elke leerder saak! Soos ons leuse ook sê, elke kind is beslis ‘n meesterstuk. Hier word elkeen gevorm en geskaaf om eendag die grootmens-wêreld in te gaan. Elke onderwyser staan met ope arms reg om te help, enige tyd van die dag of nag!

Witteberg lê my na aan die hart! As ek kon sou ek nog ‘n paar jaar in die fantastiese skool wou wees, ek sal weer graad 8 wil wees en ek sal Witteberg oor en oor kies! Hier in Witteberg is ek die geleentheid gegun om myself uit te leef, te doen wat ek geniet, en hartsvriende en vriendinne te ontmoet. Ek kon myself wees, ek is ruimte gegun om foute te maak en daaruit te leer. Ek is geleer om voluit te leef elke dag, want die lewe is tog so kort!

Ek gaan terugverlang na die lekker hokkie oefeninge, en geesvang op die rugbyveld, pouses vol lekker lag en lekker Blue Bear snoepie kos, laat-aand geselsies in die koshuis en soveel meer!

Witteberg is virseker ‘n besonderse skool en ek sal elke dag terugkyk na my hoërskool dae met ‘n groot glimlag op my gesig!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal