Hoërskool Witteberg, Bethlehem, maak met trots die Top 10 Graad 10 Akademiese presteerders bekend.
Huis-Witteberg is ons koshuis wat huisvesting bied aan 240 leerders. Die koshuis bestaan uit twee vleuels slegs vir meisies en twee vleuels slegs vir seuns. Die leerders ontvang daagliks drie maaltye van uitstaande gehalte en die kamers en badkamergeriewe is netjies en luuks. Leerders studeer in hul kamers onder onderwysertoesig en neem verantwoordelikheid vir hul goeie akademiese prestasies.
Die oorsprong van Hoërskool Witteberg se samehorigheid en gees vind in Huis-Witteberg plaas. Hierdie koshuisbrakke leef soos ‘n familie saam en die band is onbreekbaar. As jy een keer die koshuisbrood geproe het, word jy soos ‘n yster groot.
Huis Witteberg bied ook sy dienste aan vir dagskoliere. Hierdie is die perfekte diens om van gebruik te maak indien `n leerder `n vol dag op kampus moet wees. Kom sluit jou skooldag af met `n heerlike bord gekookte kos voor die middagprogram afskop. Hier skep ons ook vir jou `n ruimte waar jy gemaklik kan studeer om te verseker die akademie raak nooit agter nie. Reëlings in die verband kan met die koshuishoof getref word.