Hoërskool Waterkloof het vandag reeds vure aangesteek ter viering van Erfenisdag. Huis Kloofsig se personeel en leerders is ook met ‘n heerlike Erfenisdag-ontbyt bederf.
Erfenisdag is ‘n publieke vakansiedag wat jaarliks op 24 September in Suid Afrika gedenk word. Voor 1994 was die dag as Shakadag bekend, waartydens Zoeloes hulle koning herdenk het. Ná demokrasie-wording is dit omskep in ‘n dag waarop alle kulture hulle eie erfenis kan herdenk.
Nasionale Erfenisdag het mettertyd as Nasionale Braaidag bekend geraak. In 2005 is dit die eerste keer deur die Mzanzi Braai instituut georganiseer. Sedert 2008 word dit deur Jan Braai onder die vaandel van Braai vir Erfenis as nie-winsgewende inisiatief bemark. Amptelike goedkeuring is aan die inisiatief gegee in 2008 deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Erfenisraad.
Steek die vure aan, braai ‘n vleisie en vier jou kultuur op Nasionale Braaidag!