)

Hoërskool Waterkloof leerders verkies tot SA Fisiese Wetenskapspan

Twee leerders van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, is verkies om die Suid-Afrikaanse Fisiese Wetenskapspanne, wat onderskeidelik aan die International Physics Olympiad en International Chemistry Olympiad gaan deelneem, te verteenwoordig.

Danie Marais, ‘n graad 12-leerder by die Hoërskool Waterkloof, is een van slegs vier leerders wat vanaf 19 tot 29 Julie 2018 die Suid-Afrikaanse span in Praag, Tsegoslovakye, tydens die vyftigste Internasionale Chemie Olimpiade gaan verteenwoordig.

Luan Lombaard, ook ‘n leerder in graad 12, sal die Suid-Afrikaanse span in Lisabon, Portugal vanaf 21 tot 29 Julie 2018 met die nege-en-veertigste Internasionale Fisika Olimpiade verteenwoordig.  Dié spannetjie bestaan uit vyf leerders en twee leiers.

Leerders het reeds met uitdunne vir dié Olimpiade gedurende September 2017 begin.  Die laaste vraestel is op onderskeidelik 29 Januarie en 10 April hiérdie jaar afgelê en slegs die land se top studente word vir hierdie eer aangewys.  Die vlak van werk vir die International Physical Science Olympiad is hoër as matriekvlak en word op eerste- en tweedejaarsvlak gemeet.  Dit is dus ‘n uitsonderlike prestasie vir leerders om vir deelname gekies te word.  Wat dit nog meer besonders maak is dat daar twee leerders van die skool gekies is!

Die prestasie van die twee leerders is ‘n bewys van Hoërskool Waterkloof se fokus op die ontwikkeling van vakke soos Wetenskap en Wiskunde.  Leerders word jaarliks aangemoedig om aan dié Olimpiades deel te neem en word dan baie goed daarvoor voorberei en ondersteun.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal