Berlie Roodt en Carli Swart, beide graad 12-leerlinge, het die afgelope Saterdag aan die Global Youth Science and Technology Bowl (‘n internasionale ekspo wat deur die Hongkongse Federasie vir Jeuggroepe gereël word)deelgeneem. Hierdie kompetisie het hierdie jaar aanlyn plaasgevind as gevolg van die Covid-19-pandemie.
Hulle het in die biologie en chemie-afdeling ‘n eerste prys ontvang. Dit is gelykstaande aan ‘n goue toekenning vir die internasionale spanne.
Baie geluk, Klofies is ongelooflik trots op julle!
Foto verskaf