Die Alpha Wiskunde-groep beloon jaarliks die toppresteerder in Alpha Wiskunde met R1 000 kontant. Karla Reinecke wat 100% vir hierdie vraestel in die 2020-eindeksamen behaal het en wat dus as die toppresteerder in Alpha Wiskunde in die land aangewys is, het vanoggend haar beloning ontvang. Mnr. Fanus Vorster het die koevert aan haar oorhanding.
Baie geluk, Karla! Harde werk word altyd beloon!