Foto links: Nontokozo Ngwenya en me. Carin van der Merwe besig met ‘n kunswerk – Foto regs: Miceala Erasmus by een van haar kunswerke
Die graad 12-kunsleerders van Hoërskool Ermelo het ten spyte van baie onsekerhede tydens die jaar, ‘n baie suksesvolle kunsjaar gehad. Dit het duidelik te voorskyn gekom by die jaarlikse graad 12-kunsuitstalling.
Die leerders het drie praktiese take gelewer en bronboeke waarin konseptualisering gedoen is, is geskep vir elke PAT.
Die eerste praktiese tema se kompetisietema van die Departement van Onderwys was: “Heritage Re-imagined and Re-interpreted”. Chaos en beweging was die volgende tema en die eksamentema was #hutsmerk (hushtag).
Leerders ontwikkel hulle volle potensiaal in kreatiewe denke met die uitvoer in verskeie en nuwe mediums. Die eindprodukte van die leerders is unieke en talentvolle produkte.
Hierdie jaar se kunswerke getuig van harde werk en deursettingsvermoë soos net die Erries dit kan doen!
Baie geluk aan elke graad 12-kunsleerder, asook me. Carin van der Merwe met nog ‘n suksesvolle en kleurvolle jaar in die Erries se kunsdepartement.
Erries is met reg trots op die besondere talent.
Foto’s verskaf