Vlnr: Monty Loubser, mnr Cobus van Dyk (sporthoof) en Johan Swarts
Kloof-sport het op Vrydag 26 Junie 2020 ‘n spesiale geleentheid vir die sportkapteine van die 2020-seisoen gehou.
Die doel van hierdie funksie was om die kapteine van Kloof-sport gerus te stel dat hulle nog steeds raakgesien word en ook dat ons in hulle teleurstelling van ‘n seisoen wat nie kon plaasvind nie, deel.
Dankie aan elke Kloof-sportman en -sportvrou wat te midde hierdie situasie nog steeds trotse Klofies bly!
Vir die volgende paar dae gaan daar op elke sportkaptein individueel gefokus word om meer van elkeen te leer. Hou dus ons sosiale media dop!
Mnr. Muller van der Nest (direkteur:kleinsporte) en Abigail de Kock
Mnr. Muller van der Nest (direkteur: kleinsporte) en Dirk du Toit