Johnathan White (Kloof-hengelkaptein) met een van die visse wat gevang is
Die Kloof is ongelooflik trots op die pragprestasies van die Klofie-hengelaars wat hulle tydens die Gauteng-Noord hengelproewe, wat vroeër vanjaar gehou is, behaal het. In Maart vanjaar het die Klofie-hengelaars ook aan die Gauteng-Noord Varswater oewerhengelproewe deelgeneem en die resultate maak ons werklik trots.
As een van die nuwe gespesialiseerde sportsoorte wat by Klofies aangebied word is dit voorwaar ‘n eer om te noem dat altesaam tien Kloof-hengelaars vanjaar die Gauteng-Noord provinsie by die nasionale kampioenskappe gaan verteenwoordig wat in Desember sal plaasvind. Tien van die 24 provinsiale posisies word deur Klofies beklee.
Ons kondig met trots die volgende leerders aan wat hul provinsiale kleure verwerf het:
Junior o. 19 B-span: Matthew Bowen: (Graad 12), Jonathan White: (Graad 11) en Stephan Du Toit: (Graad 9).
Junior o. 19 C-span: Waldo Brits: (Graad 9), Troy Long: (Graad 9): Janko Steyn: (Graad 9), Stephan Esterhuizen: (Graad 8), Arian Strydom: (Graad 9), Christo Bester: (Graad 8) en Lian Bester: (Graad 8)
Kloof se hengel-afrigter, mnr. Stefan van Jaarsveld, is ook as die spanbestuurder van Gauteng-Noord se o. 19 C-span gekies.