Twee leerders van die Hoër Meisieskool Oranje, Kamryn Lowe (gr. 8) en Marlé Strauss (gr. 11) het tot die finale ronde van Dramaweb SA, ’n nasionale aanlyn-dramakompetisie, gevorder. Marlé was ’n finalis in die Afrikaanse afdeling, gr. 11 tot gr. 12 en Kamryn vir Engels, gr. 8 tot gr. 10 en in die Afrikaanse kategorie. Hulle moes ‘n gedramatiseerde prosa of monoloog opneem en instuur. Vir die eindronde moes hulle regstreeks oor Zoom iets opvoer. Marlé en Kamryn het albei ’n platinumtoekenning (bo 90%) ontvang vir hulle Afrikaanse opvoering en Kamryn goud+ (85% tot 89%) vir Engels.