ASA SA Jeug– en juniorkampioenskappe (Dal Josafat Stadium – Paarl)
Veertien van Hoërskool Waterkloof se atlete is in die AGN–span ingesluit wat aan die ASA SA Jeug– en juniorkampioenskappe, in die Paarl, deelgeneem het. Klofies is baie trots op hierdie sportmanne en –dames! Die medalje-oes van die span sluit 3 goue-, 1 silwer– en 3 bronsmedaljes in asook 15 items wat in die top 10 in Suid-Afrika eindig.
Welgedaan met ‘n prag-atletiekseisoen, Klofies! Die landloopseisoen is reeds aan die gang met die eerste byeenkoms wat komende naweek plaasvind.
Baie sterkte aan al die atlete!
Foto verskaf