Nardus J v Rensburg – Sosiaal
V: Die beste ding van lockdown is…
A: Om tyd saam met my gesin deur te bring en elke oggend laat te slaap.
V: Die ergste deel van lockdown is…
A: Ek sien glad nie my vriende nie en die feit dat ons meer werk ontvangas wat ons op skool gedoen het.
V: Watter raad wil jy op die oomblik in President Ramaphosa se oor fluister?
A: “Oom Cyril, gee pouse daar!”
V: Stel jou voor dat jy die hoof van VHS is. Watter skoolreël sou jy verander en waarom?
A: Die hare-reël. Elke leerder moet sy eie keuse hê op watter haarstyl hy/sy wil dra en kort hare pas nie by almal nie.
V: Watter onderwyser het jou ‘n belangrike lewensles geleer?
A: Mnr Boats. Om nooit ‘n boek volgens die buiteblad te oordeel nie en dat elkeen ‘n billike kans verdien om homself te bewys!