Luzaan du Plessis van Hoërskool Vrede se sangoudisie, wat deur ABS-Produksies vir 2020 aangebied is, is deur SING AANLYN goedgekeur. Sy kry nou die geleentheid om vir ‘n jaar lank professionele afrigting deur Monique Steyn, Reynardt Hugo en Germandt Geldenhuys te ontvang, wat dan as mentors sal optree.
Na 6 maande word daar werkswinkels in Pretoria en Kaapstad aangebied en kry Luzaan ook die geleentheid om aan ‘n teaterproduksuie deel te neem wat vir televisie opgeneem sal word.
Vrede is ongelooflik trots op jou, Luzaan!