Die universiteit van Pretoria bied sedert 1990 die UP Wiskunde Kompetisie aan. Die kompetisie word aangebied vir leerders van Graad 6 tot 11.
Die 2020 kompetisie het vanjaar ,agv die Covid-19 pandemie, ‘n ander formaat aangeneem, Die kompetisie is vanaf 27 Julie tot 2 Augustus aanlyn aangebied. As gevolg van uitstaande individuele prestasies, het Hoërskool Jan van Riebeeck van Kaapstad vanjaar as wenners uit die stryd getree!
Die top 10 skole was as volg:
1ste: Jan van Riebeeck High School
2de: St. John’s College
3de: Hoërskool Waterkloof
4de: Parel Vallei High School
5de: Cornwell Hill College
6de: Pearson High School
7de: Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
8tste: Rondebosch Boy’s High
9de: Horizon High School
10de: Stellenberg High School