Welkom by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in die hartjie van Pretoria. Ons skool het ‘n trotse geskiedenis wat vanaf 1920 strek. Dit maak Afrikaanse Hoër Meisieskool die oudste Afrikaanse skool in Suid-Afrika! Van die skool se nederige begin in 1920 het Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria gegroei tot ‘n spog-Afrikaanse skool met puik geriewe.Hier op ons pragtige terrein word ontmeetbare kreatiwiteit, effektiewe kommunikasie, ontelbare buitemuurse aktiwiteite en geesbou geleenthede aangebied om elke leerling die geleentheid te gee om sosiaal, geestelik en emosioneel te verreik.
Hierdie video wys aan die buitewêreld hoe ons skool lyk. Geniet die reis saam met ons.