Foto links: Johandrie saam met Me Lizette Visser (waarnemende skoolhoof) en foto regs Johandrie op SARIE se voorblad
En die EERSTE wenner van SARIE se #NuweGesig 2020 is . . . ons eie JONADRIE VAN AARDT!
Wat ‘n ongelooflike voorreg om hierdie baie spesiale oomblik saam met dié prag leerling van Hoërskool Jan van Riebeeck te vier!
Vanoggend vroeg, sommer nog tydens registerperiode, het die SARIE span ons kom verras. Ten aanskoue van al die graad 12’s en al haar hartsmense, het Michelle van Breda, SARIE-redakteur Jonadrie kom kroon as die eerste SARIE #NuweGesig voorbladnooi! Die September uitgawe, met Jonadrie voorop, is aan haar oorhandig terwyl die trotse Jan van Riebeeckers haar toesing. Luide applous, balonne en blomme het gevolg.
Jonadrie, jy is pragtig en ons harte bars van trots!
Foto’s verskaf
Foto links: Johandrie en Michelle van Breda, redakteur van SARIE