[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.95″ show_title_and_caption=”on” show_pagination=”off” gallery_ids=”13226,13227,13228,13229″ fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” pagination_font_size_tablet=”51″ pagination_line_height_tablet=”2″ /][et_pb_text _builder_version=”3.0.95″ background_layout=”light”]
Lizené Symington
Lizené is `n plaasdogter uit die Frazerburg distrik. Seker ook dus daar waar haar liefde vir die veld en plaaslewe vandaan kom. Sy is mal oor fotografie en erken dat sy `n passie vir windpompe het.
Sy studeer B.Comm Bestuursrekeningkunde te Stellenbosch en doen ook `n PGCE (nagraadse onderwyssertifikaat).
Sy gee tans Rekeningkunde, EBW en Besigheidstudies.
Lizelle Spangenberg
Hierdie meisie van die Oos-Rand is `n nuweling in die Noord-Kaap. Sy is baie kreatief van aard en hoop dat haar positiewe uitkyk op die lewe op die kinders gaan afsmeer.
Sy gee tans kuns en grafiese kuns in die senior fase asook kuns en kultuur en Engels vir die juniors.
Haar passie is om `n liefde vir die kunste en kreatiewe denk by die jeug te bevorder.
Haar gunsteling sêding is: “Lag is goed vir jou siel” en dit (lag) kan dié mamma en juffrou baie goed doen.
Milize Symington
Hierdie pragtige blondekop is `n boorling van die Noord-Kaap. Sy het aan die Hoërskool Diamantveld gematrikuleer en daarna deur Unisa geswot.
Sy het `n passie vir sport – veral netbal en swem en gaan vanjaar haar talente op die netbalbaan met die juniors deel. Sy het reeds op 13 Springbok-kleure vir swem gekry.
Sy is ook mal oor plaaslewe en enige sport en geniet `n braaitjie saam met vriende.
Sy onderrig tans LO en SW. Ons hoop dat sy erens langs die pad haar hart op `n jong boerseun kan verloor en hier op Upington sal bly.
SW Strauss
Mnr. Strauss kom van ons buurland, Namibië, en het opgegroei in Karasburg. Hy voltooi sy skoolloopbaan in Upington en gaan word dan `n Matie. Hy doen BA in Sportwetenskap en `n NGOS.
Hy keer vir 1 jaar terug na sy geboorteland, maar verruil dit dan vir die mooi oranje van Hoërskool Upington.Hy is `n boerseun, maar is ewe bedrywig met `n krieketkolf as `n geweer. Hy speel graag naweke golf en is ook bedrewe met houtwerk.
SW se passie is sport en maniere hoe om `n kind fisies te help ontwikkel m.b.t. sport.
Jammmer meisies, hy is onlangs verloof en dus nie beskikbaar.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]