Uppies het met ‘n groot aantal nuwe skuts die jaar begin en het ook hul eerste rolstoel lugpistoolskut.
Hotazel se skietkompetisie van 8 en 9 Februarie het weer baie mooi tellings opgelewer.
Juan Steenkamp kry goud (557) in sy drie-posisie en brons (334) in die staanposisie vir o/21 Sportergeweer.
Juan kry ook ‘n eerste plek in die Target Sprint vir o/21 skuts.
Janko Botma kry goud (541) in die drie-posisie en silwer (331) in die staanposisie vir o/16 Sportergeweer.
(Foto:) Juan en Janko.