Juan Steenkamp, Graad 12 leerder van Hoërskool Upington, het onlangs aan die SANSSU skietproewe in Limpopo deelgeneem waar al 9 provinsies meegeding het in alle ouderdomme.
Juan is deel van 15 sporterskuts (luggeweer) wat gekies is as deel van die SA span wat in Engeland gaan meeding vanaf 31 Julie -13 Augustus, Die span gaan deelneem aan die “British Junior Internasional Championships”.
Baie geluk Juan.
Uppies is trots op jou!