Narike Hoft van Uppies is nou ook die o/18 3-Gang Ruiterkuns Kampioen. Benewens al haar vorige welslae het Narike bovermelde prestasie tydens die SA Friesperd Kampioenskappe te Hopetown, 12 tot 15 Feb, by haar ander prestasies gevoeg.
Sy is vertoner vir Peu Bezuidenhoudt van Doorspring Friesperd Stoet met Taurus van Geyerspan, en behaal `n 3de plek in 3-Gang Kinderryperd. In die Kampioen 3-Gang Kinderryperd word sy 4de geplaas. In die Friesperd Enkeltuig vir kinders o/18, dryf sy vir Taurus en behaal `n 3de plek. Sy het haarself voorwaar in nog `n dissipline bewys.
Narike hou Uppies trots met haar toewyding en opofferings om voort te presteer