Mev. May oorhandig R15000 namens die ATKV Kultuurdiere aan Mnr Kotze (skoolhoof) en Mnr. Swanepoel (Koshuisvader: Huis Oranje)
HoĆ«rskool Upington se ATKV Jeugtak Kultuurdiere het onlangs gewys dat hul harte op die regte plek is.Ā Die spreekwoord sĆŖ: “Charity begins at home” en daarom het die groep ān pragtige Kultuuraand aangebied en die wins geskenk aan hul eie koshuise wat ook bitter swaar kry a.g.v die droogte. Ouers kry swaar om die koshuisgelde te betaal en omdat hul vir ons koshuiskinders die beste tuiste weg van hul eie tuiste wil gee, het hul besluit om hul wins aan ons koshuise te gee.
Die Kultuurdiere werk werklik hard om ān verskil in mense se lewens te maak. Hulle het ook o.a. in 2019 ān klimraam gebou vir Mommy & Me Kleuterskool, kombuistoerusting geskenk vir AJ Ferreira se Verbruikerstudieklas, komberse uitgedeel vir die wat nood het in Paballelo en een keer ān maand gaan Bingo speel by die Oranjehof Outehuis waar elke Bingo-speler ān geskenkie gekry het.
Hulle beplan om vanjaar groter te gaan en nooi Uppies en oud-Uppies om betrokke te raak.
Kontak gerus vir Me Madelein May indien u bewus is van ān aksie waar hul kan betrokke raak of as u op ān manier wil betrokke raak of ān bydrae wil lewer.