Hierdie jaar het Uppie leerders koekies ingesamel vir KANSA en benodigdhede vir Oasis Ontwikkelings Sentrum.
Vanjaar se doelwit van 50 000 koekies vir KANSA is suksesvol bereik met 50 525 koekies. Daar is ook baie noodsaaklikhede ingesamel,van springtoue en legkaarte tot tandepasta en seep vir Oasis.
Albei instansies is baie dankbaar vir die donasies wat hulle ontvang het en om hul dankbaarheid vir hulle nuwe speelgoed te toon, het die kindertjies van Oasis ‘n liedjie van dankbaarheid aan die Omgeeweek BK gesing.
Vanaf die omgeeweek BK wil ons, ons opregte dank aan elke Uppie leerder uitspreek vir hul daad van liefde.
Sonder hulle sou Omgeeweek nie suksesvol gewees het nie. Ons is ook besonders dankbaar aan die wen klas, 12D, wat 17 000 koekies ingesamel het.