Hoërskool Oudtshoorn is baie trots op die 2 Struisies, Ninke Griffioen en Anlizé Vermeulen, wat opgeneem is in die Eden Tweekampspan.
Die span gaan gedurende die vakansie, van 29 tot 30 Maart, aan die SA Tweekampkampioenskappe in Port Elizabeth deelneem.
Struisies is trots op julle, Ninke en Anlizé!