Agter vlnr: Franco Swart (afrigter), Jaden Williams, Jano Malan, Caydon Daniels, Sylvester Hoffman, Jaco Fourie, Ruwin Isaks, SD Botes (afrigter).
Voor vlnr: Hercules Hudson, Roelof Slabbert, PA Karsten, Johan Maritz, Siphe Msebenzi, Herschel Coetzee.
Uppies se o/15 Krieketspan het vroeg in 2020 teen Hoërskool Duineveld geseëvier.
Uppies het tydens hul eerste liga wedstryd in die nuwe jaar ‘n pragtige oorwinning behaal teen Velties. Uppies kolf eerste en teken 214 lopies aan, waarna Velties slegs 119 lopies behaal het. Uppies wen dus met n allemintige 95 lopies.
Kolwers wat uitgestaan het, is Hercules Hudson met 40 lopies (nie uit), Sylvester Hoffman met 56 lopies (nie uit) en Jaco Fourie met 76 lopies van slegs 37 balle (nie uit).
Boulers wat uitgestaan het is Jaden Williams met 3 paaltjies, Sylvester Hoffman en Ruwin Isaks met 2 paaltjies elk.