Uppies-netbal se 0/14A, 0/16A, 0/17A en 0/19A spanne het gedurende die Maart-vakansie vir ‘n netbalkliniek na Sun City gegaan, onder leiding van Dorette Badenhorst en haar Egalite-span.
Die spanne het elke dag vir ongeveer 4 ure afrigting ontvang wat bestaan het uit aanval- en verdedigingstegnieke, ingooie, afgooie en spesialiseringsessies, om net n paar te noem.
Daarna het elke span ook ongeveer 2 opdragspel wedstryde per dag gespeel wat behels het dat die spanne sekere opdragte gekry het wat hulle moes uitvoer tydens hulle wedstryde om dit wat hul geleer het vir die dag toe te pas en in te oefen.
Die spanne het darem nie net hard gewerk nie en het in hul aftyd heerlik baljaar by die “Valley-of-the-Waves.”
Die eer het egter ook Uppies se 0/19A span te beurt geval waar hulle `n oefenwedstryd teen huidige en opkomende Protea netbalspelers kon speel. Dit was vir elke dogter `n groot eer en belewenis en Uppies-netbal sê opreg dankie vir die geleentheid.
Baie dankie aan elke ouer wat ons by Sun City ondersteun het. Dankie ook aan elke borg wat Uppies-netbal so getrou ondersteun.
Uppies-netbal sien uit na die 2019 seisoen.
Foto: Agter vlnr: Danelle Lochner, Abongile Mchlauli, Janice Avenant, Lara-Mari Geldenhuys, Alicia Puren, Lorraine Groenewald, Jessi Wessels, Lentsa Motau, Cleo Minnaar en Monique Reyneke
Voor vlnr: Beryl Ndhlovu, Talja Venter, Khanyisa Chawane, Di-Marie Visser, Tshina Mdau, Ayanda Esau en Jessica Khomo