[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_gallery admin_label=”Gallery” gallery_ids=”12797,12798,12799,12800,12801″ fullwidth=”off” posts_number=”5″ orientation=”landscape” show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” background_layout=”light” auto=”off” hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_gallery][et_pb_text admin_label=”Text”]

Hoërskool Upington doen dit weer! Die Interjolbeker is weer in Uppie-land waar hy hoort. Om die beker nóg beter te laat lyk, staan daar nog 6 ander bekers ook!
Ja, Hoërskool Upington het in 2017 seker gemaak dat hul Groot Interjol ordentlik wen deur ook die volgende bekers te wen: Seuns Hokkie, Redenaars, Dogters Hokkie, Vasvra, Tennis, Skiet en natuurlik Rugby.
Saterdag, die dag van Groot Interjol self, was op sigself ook `n baie groot sukses. Die Uppie-tuiste het meer na `n karnaval gelyk as na `n plek waar ernstig sport gespeel gaan word. Die duisende toeskouers het toegang gehad tot pragtige sport en baie goeie sportmangees. Die reüniegroepe het in hul honderde opgedaag om te kyk hoe hul Alma Maters met mekaar meeding. Aan die einde van die dag het sport geseëvier en maak nie saak watter skool jy ondersteun het nie, sport het ook gewen.
Die skole het alles uitgehaal op die paviljoene en die Baadjieswaai van Uppies het weereens groot belangstelling uitgelok.
Volgende jaar sal Interjol weer gespeel word, maar vir nóú sal die wedstryde vir weke in vele geselsies oor-en-oor gespeel word en die lekkerte van wen sal nog hoog bly brand in alle Uppie-harte.

Uitslae:
Skaak HU verloor

Vasvra HU wen

Redenaars HU wen

Skiet HU wen

Tennis HU 15 DV 3

Seunshokkie: 0/18 B HU 0-0 0/18 B DV
0/18 A HU 3-0 0/18 A DV

Dogtershokkie: 0/14 A HU 1-4 0/14 A DV
0/16 B HU 0-1 0/16 B DV
0/18 B HU 0-2 0/18 B DV
0/14 A HU 1-1 0/14 B DV
0/16 A HU 0-4 0/16 A DV
0/18 A HU 2-0 0/18 A DV

Netbal:  0/14 B HU 6-26 0/14 B DV
0/14 A HU 8-22 0/14 A DV
0/15 B HU 9-25 0/15 B DV
0/15 A HU 35-11 0/15 A DV
0/19 C HU 7-21 0/19 C DV
0/19 B HU 19-17 0/19 B DV
0/19 A HU 21-23 0/19 A DV

Rugby: 0/14 A HU 19-15 0/14 A DV
0/15 A HU 0-64 0/15 A DV
0/16 A HU 0-36 0/16 A DV
0/19 B HU 22-22 0/19 B DV
0/19 A HU 23-17 0/19 A DV
Foto:
Branden George
Jana Victor
Jan Theron
Nakkie Duvenhage
Hurter Kirsten
Hesna Theron
Rozelle van Niekerk
Johan Joubert
Mnr Riaan Kotze ( Skoolhoof )

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor