Sadiq Julius en Grant Abrahams.
Hoërskool Upington was in die bevoorregte posisie om die afgelope jaar deel te kon wees van die #Skole Kook-kompetisie wat op VIA K 147 op DSTV uitgesaai is.
Uppies bedank DSTV vir hierdie ongelooflike platform wat Skole Kook vir die leerders geskep het. Dankie vir alle opofferings, lang tye van die huis en duisende kilometer op ons paaie om hierdie opnames te maak. Dankie VIA vir die lugtyd om die kompetisie uit te saai. Hoop hierdie is die begin van lang vennootskap tussen Skole Kook en die uitsaaikanaal.
Baie geluk aan Grant Abrahams en Sadiq Julius, gr 11 leerders, van Hoërskool Upington wat algeheel 6de eindig uit 22 skole in die kompetisie.
Uppies is super trots op julle!