Murray Louw van Uppies het op Saterdag, 9 November aan die Griekwaland-Wes Interprovinsiale Tweekamp Kampioenskappe te Kimberley deelgeneem.
Die atlete van Griekwas, Noordwes en die Vrystaat het tydens die strawwe kompetisie kragte gemeet.
Baie geluk aan Murray wat ‘n silwer medalje in die afdeling vir seuns O/17 by die byeenkoms verwerf het.
Uppies is baie trots op Murray en wens hom alle sterkte toe met sy voorbereiding vir die res van die Tweekamp seisoen.