Hernù Schep van Hoërskool Swartland in Malmesbury, het gedurende Desember 2020 aan die WP Boogskiet kampioenskappe deelgeneem en is in die WP Junior High span opgeneem. Hierdie span gaan in 2021 deelneem aan die Inter-Provinsiale Kampioenskappe. Vanaf Februarie 2021 tot November 2021 neem hy ook deel aan ‘n virtuele toernooi waar hy teen skuts van regoor die wêreld gaan skiet.
“Baie geluk en sterkte Hernù. Ons is trots op jou.”