Hassaanah Skippers van Hoërskool Swartland het in Desember 2020 deelgeneem aan die PSI Nasionale binnehuisehokkietoernooi.
Sy was gekies in die onder/ 18 A ( Foxes) span vir PSI Bolandspan. Hassaanah is in Januarie 2021 gekies om ‘n “Event Ambassador” vir Sportsways se hokkiekliniek te wees wat landwyd geloods is. Hassaanah is ook vir die 2 de agtereenvolgende jaar gekies om in die CPL ( Cape Town Premier Hockey League) te speel. Hulle kies slegs die beste spelers in die Weskaap en Boland. Hierdie toernooi vind in April plaas.
Die Rockies is baie trots op Hassaanah se hokkie prestasies. Baie geluk Hassaanah en sterkte met die toernooi!
Trotse Rockies.