Hoër Meisieskool Oranje se atlete het verlede naweek op die Vrystaat-atletiekkampioenskappe vir 8 goue medaljes, 8 silwer en 7 brons gesorg.
Marliet Blom het eerste geëindig in sowel die 90m-hekkies en 300m-hekkies (o.16) en Johani van Tonder in die hoogspring en verspring (o.18). Vanjaar se byeenkoms is weens Covid-19 aangepas.
Atlete moes of in die o.16-ouderdomsgroep of in die o.18’s deelneem. Atlete wat reeds 18 jaar oud is, se byeenkoms vind op 27 Maart plaas. ‘n Hele paar tye en plekke is aangepas van die oorspronklike uitslae en kan moontlik steeds weer verander.
Die medaljewenners is:
GOUD:
SILWER:
Amoray Weyers (verspring, 5,02m), Cara Smith (90m-hekkies, 13,84) & (300m-hekkies, 46,84), Diné le Roux (300m-hekkies, 47,17), Anneke Dippenaar (spiesgooi, 35,48), Germarie Spershott (100m-hekkies, 14,51), Nécke Verster (400m, 61,27) en Charné Wansbury (200m, 26,14).
BRONS:
Ané Janse van Vuuren (verspring, 5,01), Carlé Stockenström (400m, 61,29) & (800m, 2:18,30), Karla Victor (400m-hekkies, 73,42), Anné Prinsloo (spiesgooi, 35,68), Diné le Roux (90m-hekkies, 13,90) en Charné Wansbury (100m, 12,47)
Baie geluk aan al die wenners!!
Foto’s verskaf