[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
KRIEKETFOTO MET SPANLEDE
Chris Jurgens, Kian Venter, Armandt le Roux, Rynhardt le Roux, Jarred Verwey, Marinus Roux, Liam Martin, Guillaume Jansen, Estiaan Marais, Campbell Stuart, Ethan Beckett, Henco Stoffberg, Shane Craythorne
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”17844,17841,17846,17842,17843,17845″ posts_number=”6″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” box_shadow_style_image=”preset2″ /][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
Die Hoërskool Strand se eerste krieketspan het, danksy mnr. William Martin, ‘n ruim borgskap vir speeldrag en ‘n sportsak ontvang.
Mnr Martin is die besturende direkteur van FIAFI in die Irakse stad Basra. Die FIAFI-groep is sedert 2004 aktief betrokke by die opgradering en ontwikkeling van die Irakse olie- en gasinfrastruktuur, asook waterprojekte.
Mnr. en mev. Martin het ook ‘n munt wat deur die krieketkaptein gebruik gaan word om te loot wie eerste kolf of boul, aan die kaptein oorhandig, in hierdie geval hulle seun Liam Martin. In die proses is ‘n wonderlike nuwe tradisie geskep.
Die geleentheid is onder andere ook deur mnr. D. Malan, die skoolhoof van Hoërskool Strand, me.T. van der Walt, hoof van sport, mnr. T. van Tonder, beheerliggaamlid vir sport, me. Annamarie Louw, die skool se sportbestuurder, en Morné Jurgens, voorsitter van die krieketkomitee, bygewoon.
Mnr Christiaan Theron, die eerste krieketspan se afrigter, was baie in sy skik met hierdie ruim borgskap.
Mnr. Chris Roos, die baie bekende WP-krieketskeidsregter, het by hierdie geleentheid ook ‘n hemp van die Rajasthan Royals, ‘n Indiese IPL-span, aan elke spanlid en die afrigtingskorps oorhandig – ‘n gebaar wat baie waardeer word.
Die Hoërskool Strand gaan dus, kledinggewys, baie groot indruk by Mosselbaai se KFC Krieketfees maak.Dit is alles aan mnr. Martin se goedgunstigheid te danke.
Die Hoërskool Strand is bevoorreg om sulke betrokke ouers en ‘n meelewende krieketkomitee onder leiding van Morné Jurgens te kan hê.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]