Suid-Afrika was bevoorreg om verlede week en die naweek van 19 – 22 September die 2018 Toutrek Wêreldkampioenskap) by Hoërskool Kampsbaai aan te bied.
So ook was Hoërskool Strand bevoorreg om heelwat van hul toutrekkers te kon laat deelneem aan die Kampioenskap as deel van die nasionale Protea-spanne, Gazelle- (SA B) en WP-spanne. Suid-Afrika en dan ook van Hoërskool Strand se trekkers het hulself deeglik laat geld en verskeie medaljes ingepalm. In hierdie verband het die volgende Strand-trekkers deelgeneem en presteer:
- Jamé Phillips:
560kg O/23 Dames Silwer medalje (Ope afdeling)
480kg O/19 Dames Brons medalje (Ope afdeling)
520kg O/19 Gemeng Silwer medalje (Ope afdeling)
500kg O/23 Dames Silwer medalje (Ope afdeling)
500kg O/23 Dames Silwer medalje (Geslote afdeling)
- Leandri Smart:
500kg O/23 Dames Silwer medalje (Ope afdeling)
480kg O/19 Dames Brons medalje (Ope afdeling)
540kg O/23 Dames Brons medalje (Ope Afdeling)
500kg O/23 Dames Silwer medalje (Geslote afdeling)
- Zounica vd Merwe:
480kg O/19 Dames Brons medalje (Ope afdeling)
500kg O/23 Dames Silwer medalje (Ope afdeling)
520kg Jeug Silwer medalje (Ope afdeling)
500kg O/23 Dames Silwer medalje (Geslote afdeling)
- Elandré Kemp:
600kg Gazelle 8e (Ope afdeling)
520kg WP Gemeng 4e plek (Ope afdeling)
560kg WP O/19 9e plek (Ope afdeling)
- JP Coetzee:
560kg mans (Ope afdeling)
560kg junior mans (Ope afdeling)
600kg O/23 mans (Ope afdeling)
520kg junior Gemeng (Ope afdeling)
- Francois Greyling:
520kg Gemeng O/19 4e plek
560kg mans
560kg O/19 mans
Baie geluk aan hierdie trekkers! Hulle is ‘n voorbeeld van harde werk, vasbyt en hoe om doelwitte te bereik. Mag hulle nog baie ander leerders inspireer deur aan sport deel te neem en hard te werk om doelwitte te bereik. Die gemeenskap is trots op sulke uitvoerprodukte van Hoërskool Strand.