21 Hoërskool Strand rolbalspelers het Donderdag ‘n wedstryd gespeel teen 21 spelers van Dominican, skool vir dowes in Kennelworth .
Dit was vir al die spelers ‘n besondere ervaring, en almal het gou aangepas om deur middel van gebare met mekaar te kommunikeer. Die wedstryd het in goeie gees plaasgevind.
Strand se rolbalspelers het al hulle wedstryde gewen.
Verteenwoordigers van Rolbal Suid-Afrika was ook teenwoordig om die geskiedkundige gebeurtenis te ondersteun.