Rico Thiart
Rico Thiart en Marcél van Geems van Hoërskool Strand het uitstekend gevaar by die Helderberg Eisteddfod Visuele Kuns.
Rico het ‘n Cum laude-toekenning vir sy houtskool en potloodtekening en Goud Plus vir sy skildery ontvang. Hy is ook aangewys as die beste presteerder in Graad 11.
Marcél van Geems (graad 11) het ook Cum Laude vir sy uitstaande potloodtekening ontvang. Hy het Goud vir sy skildery behaal.
Baie geluk Rico en Marcél! Die Arende is trots op julle!