V.l.n.r.: Mnr. Bennie Howard (sameroeper van die kompetisie), me. Willene Bester (assistentwynmaker), mnr. Gerhard Swart (keldermeester) , me. Mia Boonzaaier (assistenwynmaker) en Christo Pienaar (voorsitter van die SA Nasionale Wynskou Vereniging.
Gerhard Swart, ‘n oudleerder van Hoërskool Strand se 1995-matriekklas, het feitlik die onmoontlike vermag. Hierdie begaafde wynmaker van die Flagstone -wynkelder (Flagstone wines) naby die Strand-gholfbaan gaan net van krag tot krag. Enige wynmaker koester die ideaal om die Genl. Smuts-trofee te verower. Hierdie trofee word op die SA Jongwynskou aan die wynmaker oorhandig wat die beste wyn ingeskryf het. Dit is ook die oudste wynkompetisie in Suid-Afrika.
Gerhard het hierdie trofee in 2010 vir ‘n Semillon verower. Baie goeie wit wyne word van hierdie variëteit gemaak. Nou het Gerhard in 2019 hierdie prestasie herhaal met ‘n Sauvignon Blanc.
Hoërskool Strand neem met waardering kennis van hierdie uiters begaafde wynmaker. Dit bly ‘n voorreg om te sien hoe oudleerders presteer.