)

Oud-leerder van Hoërskool Strand wen weer Genl. Smuts-trofee

V.l.n.r.:  Mnr. Bennie Howard (sameroeper  van die kompetisie), me. Willene Bester (assistentwynmaker), mnr. Gerhard Swart (keldermeester) , me. Mia Boonzaaier (assistenwynmaker) en Christo Pienaar (voorsitter van die SA Nasionale Wynskou Vereniging.

Gerhard Swart, ‘n oudleerder van Hoërskool Strand se 1995-matriekklas, het feitlik die onmoontlike vermag. Hierdie begaafde wynmaker van die Flagstone -wynkelder (Flagstone wines) naby die Strand-gholfbaan gaan net van krag tot krag. Enige wynmaker koester die ideaal om die Genl. Smuts-trofee te verower. Hierdie trofee word op die SA Jongwynskou aan die wynmaker oorhandig wat die beste wyn ingeskryf het. Dit is ook die oudste wynkompetisie in Suid-Afrika.

Gerhard  het hierdie trofee in 2010 vir ‘n Semillon verower. Baie goeie wit wyne word van hierdie variëteit  gemaak. Nou het Gerhard in 2019 hierdie prestasie herhaal met ‘n Sauvignon Blanc.

Hoërskool Strand neem met  waardering kennis van hierdie uiters begaafde wynmaker. Dit bly ‘n voorreg om te sien hoe oudleerders presteer.

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal