View PostFoto links: Luke Hayward en foto regs, Sean Cilliers en Luke Hayward.
Twee hengelaars van Hoërskool Strand het vanaf 24-28 September in ‘n o/16-WP-span aan ‘n interprovinsiale hengelkompetisie in Kleinbaai deelgeneem. Dit was Sean Cilliers en Luke Hayward se heel eerste deelname vir die WP diepseehengelspan. Hierdie twee hengelaars het beslis ‘n indruk gemaak deur ‘n brons medalje in die junior afdeling te behaal. Daar was ook 11 spanne van 4 ander provinsies wat deelgeneem het.
Baie geluk!