Myneli Muller en Tereska Janse van Rensburg.
Hoërskool Punt se Natuurlewe-stapklub het die afgelope naweek die Platbos na Millwood tog aangepak. Dit was hul huidige gr. 12-leerders se laaste stap en baie spesiaal vir hulle. Die aktiwiteite was van braai, kaartspeel, stap, kuier en sing! Van die stappers was ook dapper genoeg om vrywillig klip te dra vanaf die Plasbos-hut tot by Millwood.
Van die hoogtepunte was:
- Om te braai moet jy hout saamdra
- Wanneer ‘n deel van die roete afgebrand het, kry jy ‘n ekstra “leg-day” deur oor die berg te klim.
- As jy bitter warm kry, is die water baie koud maar tog die moeite werd.
- Dit is baie snaaks wanneer iemand vanaf die damwal in die water val!
Baie dankie aan al die dapper stappers, en Me. Nel (toerleier), vir ‘n onvergeetlike stap! Hierdie is die dinge wat ons altyd sal onthou!