Leani van der Merwe, Hoërskool Strand se hokkie-organiseerder, is nie net ‘n vaardige organiseerder, afrigter en speler nie – sy tree ook gereeld as skeidsregter op. Sy het hierdie naweek die finale wedstryd tussen Oranje Meisieskool en St Mary’s by die Top Schools-toernooi vir onder 16-spanne in die Paarl behartig.