Hoërskool Strand ontvang jaarliks ‘n hele paar oorsese toerspanne. Die eerste spanne het verlede week reeds teen van die Hoërskool Strand-spanne gespeel.
Hockerhill College
‘n Gemengde A/B-netbalspan van die o/14, o/15 en o/16-ouderdomsgroepe het Donderdagmiddag kragte teen Hockerill College uit Engeland gemeet.
Die wedstryde is in goeie gees gespeel en nuwe vriende is gemaak. Hoërskool Strand het in al 3 wedstryde as oorwinnaars van die baan gestap.
Foto bo: spanfoto van Strand en Hockerhill College