Hoërskool Strand ontvang jaarliks ‘n hele paar oorsese toerspanne. Die eerste 2 spanne het hierdie week reeds teen van Hoërskool Strand-spanne gespeel.
Ols Swinford Hospital School vs Strand
Die onder 14-rugbyspan van Hoërskool Strand het met groot durf die Engelse toerspan, Swinford, aangepak. Alhoewel dit die eerste wedstryd na die Junie-eksamen en vakansie was, het hulle nie teruggestaan vir die Engelse nie.
Daar is baie goeie spel deur albei spanne gelewer, maar Swinford het op die ou einde die wedstryd gewen. Dit was ‘n ongelooflike ervaring vir albei hierdie spanne.
Die aangename sportmangees tydens die kort funksie na die wedstryd was werklik iets wat onthou kan word.
Foto bo: spanfoto van Ols Swinford en Strand