Ons 1ste hokkiespanne het hulle nuwe wedstryddrag en sakke op ‘n spesiale oorhandigingsfunksie ontvang. Die area-bestuurder van die KFC Rohloffgroep, mnr. André Claassen, was die eregas wat die oorhandiging gedoen het. Die KFC Rohloffgroep is vir die 3de agtereenvolgende jaar die hoofborg van ons 1ste hokkiespanne en het hierdie jaar ook ruimskoots bygedra vir ‘n nuwe elektroniese telbord wat by die astro opgerig gaan word. Baie dankie aan André, die bemarkingsbestuurder me. Astrid Moore en die KFC-span vir julle ondersteuning van ons 1ste spanne.