Hoërskool Strand se gr.11-leerders het met die aanvang van die derde kwartaal vir ‘n wyle hul klaskamer verlaat. Hulle het besoek gebring aan die akwarium en dit was beslis ‘n hoogtepunt.
Elke leerder kon teen sy eie tempo deur die akwarium beweeg nadat hulle ‘n interessante les oor volhoubare sardynevangs bygewoon het.
Tydens hierdie les het hul sardyne gemeet, geweeg en hul maaginhoud bestudeer.
Na die besoek aan die akwarium het hul deur die Kaapse kompanjietuine beweeg…’n heerlike afsluiting na ‘n besige oggend.
Foto bo: Leandre Botes, Monichia Pretorius en Elizka Groenewald