Die dogters hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het die afgelope naweek aan die grootskole uitspele deelgeneem wat in verskillende dorpe plaasgevind het. Die Liggies het strawwe kompetisie gehad maar steeds met elke wedstryd hulle alles gegee.
Slegs die eerste hokkiespan dring deur na die grootskole kwart en semi-finale wat op Saterdag, 20 Maart, by Hockey Farm in Witbank sal plaasvind.
Die spanne se uitslae is soos volg: o/14’s- verloor 0-1 teen Curro Nelspruit en verloor 1-6 teen Hoërskool Nelspruit; o/15’s verloor 0-4 teen Hoërskool Nelspruit en verloor 1-3 teen Hoërskool Oosterland; o/16’s verloor o-2 teen Hoërskool Middelburg en verloor 2-3 teen Hoërskool Standerton en die eerstespan wen 2-1 teen Curro Bankenveld en verloor 0-4 teen Hoërskool Nelspruit.
Ligbron se tweedespan het tuis teen Hoërskool Nelspruit in die Mpumalanga semi-finaal te staan gekom en het die wedstryd met ‘n pragtige telling van 2-1 beklink.
Hulle sal op Saterdag, 27 Julie, in die Mpumalanga finaal teen Hoërskool Middelburg te staan kom.
Foto bo: Ligbron 1stes