)

Hoërskool Strand alumna finalis in Global Young Chef kompetisie

The Private Hotel School in Stellenbosch is uiters trots op Logan Leisse. Geluk aan ons alumna, Logan Leisse, wat aangewys is as finalis in die globale @ San Pellegrino Young Chef 2020-kompetisie! TPHS is een van sewe Suid-Afrikaanse instansies wat kompeteer vir die gesogte titel. In San Pellegrino se jaarlikse kulinêre talentsoektog na die beste jong sjef in die wêreld, kompeteer aansoekers jonger as 30 jaar – met ten minste een jaar restaurant-ervaring as sjef, sous sjef of sjef de partie – teen mekaar.

Uit die mond van San Pellegrino se Young Chef 2020-semifinalis, Logan Leisse: “Ek was vreeslik opgewonde toe ek uitvind dat ek deurgedring het na die volgende rondte van die kompetisie. Vorentoe fokus ek steeds daarop om te leer en soveel moontlik ervaring op te doen. Hopelik bring die kompetisie meer geleenthede oor my pad en skep dit geleentheid om met ongelooflike mense in die bedryf te ontmoet. My mentor, Sjef Michael, het my voorwaar geïnspireer – ek is dankbaar vir die moeite, tyd en geduld waarmee hy my leer en dryf om die beste moontlike sjef te wees.

The Private Hotel School of Stellenbosch het my passie vir kos laat ontvlam en gehelp bou aan die fondasie van my loopbaan. Saam met Sjef Michael was hulle instrumenteel tot my kulinêre reis.”

Logan het aan die Hoërskool Strand gematrikuleer. Hoërskool Strand is trots op haar, sowel as die Verbruikerstudie-leerkragte.

Besoek hul Facebook-blad vir meer besonderhede oor Logan se loopbaan.

Strand se beste wense vergesel Logan!

Op die foto verskyn Logan (regs) saam met sjef Michael Deg van Cavalli Estate en Nicole de Villiers by die TPHS-gradeplegtigheid vroeër vanjaar

https://www.privatehotelschool.com/blog/Young-Stellenbosch-chef-in-the-running-for-global-award

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal