Twee van Hoërskool Strand se leerders, Zounica van der Merwe en Elandré Kemp, is die naweek in Johannesburg verkies om Suid-Afrika in die Wêreldkampioenskappe vanaf 4-8 September in Dublin, Ierland, te verteenwoordig.
Hierdie twee leerders het keer op keer bewys dat ‘n mens wel met harde werk en toewyding jou drome kan bereik.
Hoërskool Strand is baie trots op Zounica en Elandré!