Hoërskool Stellenberg van Kaapstad se o/19A span het HTS Drostdy by die Boland Landbou rugbydag gewen met 13-7.
Dit was ‘n klipharde wedstryd (eerste volwaardige wedstryd van die seisoen) waarin die Stellies uitstekend verdedig het!
Stellenberg se punte is aangeteken deur losskakel Nivan Petersen met 2 strafdoele, ‘n drie en ‘n doelskop!
Dankie aan almal wat Stellies ondersteun het.
Die Seccies was ook op hul stukke deur HHH o/19A met 10-0 te klop en hulle speel gelykop teen Boland Landbou met 5 elk (verkorte wedstryde).
Foto’s deur Gerrit Bastiaanse