Die 0/19 Krieketspan van Hoërskool Robertson het op 20 Maart kragte gemeet teen Curro Durbanville.
Die uitslag was as volg: Curro Durbanville teken 264 lopies aan, teenoor Hoërskool Robertson se 214 lopies. Curro Durbanville wen met 50 lopies.
Kolfwerk: Andries van Tonder teken 105 lopies aan, Helgard Bruwer 33 lopies en Kirwan Meintjies 23 lopies.
Boulwerk: Luthan Absalon het 10 beurte, 4 paaltjies en 30 lopies afgestaan, terwyl Whendell Philander ook 10 beurte, 2 paaltjies en 40 lopies afgestaan het en Sean-D Cedras het in 10 beurte, 2 paaltjies vir 46 lopies afgestaan.
Baie geluk aan Curro Durbanville met die oorwinning!
Op Saterdag, 27 Maart 2021 speel Hoërskool Robertson Interskole krieket teen Hoërskool Charlie Hofmeyr op Charlies se veld.
Baie sterkte aan die twee spanne!!
Foto’s verskaf