Hoërskool Robertson. Hoërskool Robertson se leerlingraad en drie graad 12 VRL-lede het op 20 Januarie op hulle jaarlikse leerlingraadskamp vertrek. Die kamp is by De Doorns aangebied.
Dit was ‘n kamp waartydens die senior leiersgroep van die skool mekaar beter kon leer ken en as groep kon saamwerk. Hulle het onder andere ‘n ‘egg-test’ gedoen, proekompetisie gehou en het ook Saterdagaand ‘n braai-pie met ‘n paar interessante bestanddele gemaak.
Hoërskool Robertson wens die leerlingraad en VRL van 2023 sterkte toe met die jaar wat voorlê.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://hoerskoolrobertson.co.za/
Foto’s verskaf