Hoërskool Reitz stel hiermee Juf Alicia Masut aan Schools That Rock se lesers bekend.
Juffrou Alicia is ‘n R.O. onderwyseres en sy is baie opgewonde om deel te wees van Hoërskool Reitz se span. “My doelwit is om ‘n veilige hawe vir leerders te skep en hulle te inspireer.”
Sy het grondslagfase-onderwys, Engelse taalkunde en letterkunde sowel as gebaretaal vlak 3 bestudeer. “Ek het my studies voortgesit en my honneurs in Remediërende Onderwys voltooi.”
Alicia sê sy is mal oor musiek, diepseeduik en reis. “Ek wil graag die wêreld sien!” Sy beskryf haarself as ‘n kind van die Here en sy is ook baie avontuurlustig. Sy stel haar familie eerste.
Juffrou Alicia is verloof aan CW Craven. Sy het ‘n Pekinese met die naam Lilo en sy is baie lief vir Lilo!